Professor Christina Landman

To
Home Page


CURRICULUM VITAE
(Afrikaans)

Geboortedatum:
8 Februarie 1956

Opleiding:
Slaag matriek in 1973 met vyf onderskeidings aan die Hoërskool Lyttelton, nou Hoërskool
Centurion, Gauteng. Behaal sewe grade aan die Universiteite van Pretoria en Suid-Afrika:
1976:     BA
1977:     BA (Hons, Grieks)
1980:     BD
1981:     MA (Grieks)
1987:     D Th (Kerkgeskiedenis)
1988:     BA (Hons, Latyn)
2007:     D Th (Pastorale Terapie)

Kerklike verbindings

  • Lidmaat van die VGKSA, Pretoria (Eersterust)
  • Gelegitimeer in die VGKSA op 18 November 2006

Persoonlike details
Geskei, met ‘n seun, Derek (19), wat nog in die huis woon.

Professionele aktiwiteite

  • Werk die afgelope 7 jaar as ‘n vrywillige berader by Kalafong Hospitaal, Atteridgeville, Gauteng
  • Het ook twee jaar deeltyds as ‘n IPV by die Pretoria Vrouegevangenis gewerk (2004/5)
  • Doseer die afgelope 30 jaar teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika. Is tans ‘n Direkteur (Navorsing) van die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie, Unisa.
  • Tans besig met navorsing oor gelowe oor siekte en genesing onder plaaswerkers in Limpopo.

Publikasies

  • Skrywer van 10 akademiese en populêre boeke, waarvan “Vryers en Vennote” die lekkerste was om te skryf.
  • Eindredakteur en mede-skrywer van “Leefstyl-Bybel vir Vroue” wat in 2004 die Christelike Boekskrywers van Suid-Afrika se Boek van die Jaar toekenning gekry het.
  • Die afgelope 15 jaar rubriekskrywer van Beeld se “Godsdiens-Aktueel”.
  • Skrywer van 56 akademiese artikels wat in geakkrediteerde tydskrifte verskyn het. Daarvoor kry sy in 2007 ‘n toekenning van Unisa vir die vrou wat aan Unisa die meeste akademies publiseer.

    Kontakdetails
    Posbus 14201, Lyttelton, 0140
    (012)429-4309 (Werk)
    (012)429-3525 (Fax, Werk)
    (012)664-3653 (Huis)
    082 377 2574 (Cell)


    ----ooooOoooo----


  •