"Donkermaan, volmaan" vertel die verhale van mense wat 'n berader-dominee gaan besoek
oor onmenslikheid in hulle verhoudings. En deur die soms hartroerende, soms skaterlag
snaakse gesprekke tussen die karakters en die dominee leer lesers om saam met hulle
stap vir stap na God se wysheid te soek, en weer mens te word.
Die dominee in die boek is 'n vrou en 'n gemeenskapsberader. Die mense wat saam met
haar na gesonde menswees soek, is wit mense, swart mense, bruin mense, Asiërs, jong
mense, middeljariges, ou mense, ryk mense, arm mense.
Saam nooi hulle God in om hulle reisgenoot te word op hulle lewenspad, waar hulle
dikwels geskaad en geskend word deur angs, depressie, vrees, wanhoop en verlies.
|
![]()
|