Na
Publikasies

Van buite lyk mense maar soos mense. Maar binne-in is almal wonderlik anders.

Hierdie boek beskryf die reise wat 'n berader met 55 mense onderneem het, op soek na elkeen se unieke sterkte. Telkens was dít wat hulle laat opstaan het:  wanneer hulle hulle eie sonderlinge energie ontdek het om hulle probleme op te los.

Wat nog wonderliker is, is dat hierdie mense die proses wat met berading begin is, self verder kon voer. En nog heler kon word.

Die verhale is aangepas om nie na spesifieke persone te verwys nie. So kan ons ook onsself daarin sien, en vaardiger word uit ander se sterkword en selfdoen.

Niemand gaan deur die lewe sonder verliese en terugslae nie. Die kuns van die lewe is om weer op te staan.